Glam Guru



Hannon Bothma is terug op kykNET vir 'n splinternuwe reeks van Glam Guru!

Die Glam Guru is sinoniem met skoonheid en styl. Hy is superstilis en towenaar met kwassies en poeiers. ’n Mens kan nie anders as om waardering te hê vir sy aandag aan detail nie.

In elke episode wys hy hoe hy sy gaste stap vir stap beeldskoon maak. Hannon glo: As jy fantasies lyk, gaan jy ook fantasties voel!

Vrydae @ 18:00; Saterdae @ 13:00; Sondae @ 07:00; Maandae 15:00; Dinsdae @ 03:00 en 10:00; Donderdae @ 22:00.