Tyd vir lekker braai!



Bring en Braai
Maandae om 17:30
Herhalings: Dinsdae @ 14:00; Woensdae @ 01:00 en 22:00; Saterdae @ 01:00; Maandae @ 01:00


Om te kan braai is baie belangrik, maar om lekker te kan braai is nie belangrik nie… dis ‘n noodsaaklikheid. Nou kry pligsgetroue braaiers die geleentheid om te kan terug sit en kyk na hul gunsteling tydsverdryf … BRAAI!

Bring en Braai word aangebied deur een van mees energieke braaiers in die land - Thys die Bosveldklong! Thys het die term braai nuwe betekenis gegee. Waar ookal hy braai, stroom die vriende in om saam te braai, sing en kuier.

Thys en 24 Sondag-lesers gaan in die volgende 13 episodes hul groot braaigeheime met kykers deel. So terwyl ons wys hoe braai jy, breek ons weg met ‘n song of twee. Die ding is, braai maak die litte en tonge los… en die grappe is in oorvloed!

Die Braai-span gaan kykers vermaak met nuwe braairesepte wat nog nooit voorheen voorberei, verkool of betower is nie. Elke episode sal braailiefhebbers lusmaak om sommer dadelik ‘n vuurtjie aan te steek vir ‘n lekker braai.