1. Watter 2 spanne dink jy gaan in die Rugby Wêreldbeker finaal speel?Australië teen Suid-Afrika.
2. Wat is jou gunsteling motor?
Bugatti Veyron.
3. Wat se CD is op die oomblik in jou motorradio?
Counting Crows.
4. As jy vir een dag 'n ander beroep kon doen wat sou dit wees?
Vegvlieënier.
5. Wat is jou gunsteling plek vir 'n naweek-wegbreek?
Port Alfred.
6. As jy vir een dag 'n vrou kon wees sou jy.......
…’n ryk man getrou het.
7. Kan jy kook en indien wel, wat is jou gunsteling gereg om te maak?
Ja, hoenderkerrie.
8. In watter fliek wat jy al gesien het sou jy graag in wou speel?
True Grit (Rooster Cogburn).
9. As jy die Lotto wen sal jy....
…emigreer.
10. Wat moet 'n mens volg, jou kop of hart?
Altwee!






