Saterdae @ 21:30; Sondae @ 10:30; Maandae @ 16:30; Woensdae @ 15:00.Die splinternuwe seisoen van Jou Show beloof snaakser en beter vermaak as ooit te vore!
Emo en Wicus haal weer hul ou streke uit, met die een wat snaakser probeer wees as die ander. Maar sáám het hulle vir die grootste gelag gesorg. En dan is daar natuurlik nog die ewekansige gedrag van sommige gaste wat Jou Show so histeries maak.
Jou Show het nog altyd ’n verskeidenheid gaste die geleentheid gegee om vir die gehoor ’n ander, snaakse kant, van hul persoonlikheid te wys. Dié seisoen is geen uitsondering nie: bekendes soos Steve Hofmeyr, Bobby en Karlien Van Jaarsveld, die ouens van Joe Barber, MoniQue, Bryan Habana en nog vele meer het glad nie teruggehou nie!
Daar is nuwe speletjies waar gaste soos Angelique Gerber van Boer Soek ’n Vrou-faam almal verras met haar briljante improvisasievermoë! Lianie May het behoorlik laat wiel in die Sumo-pak en Jean de Villiers het ons gewys hy kan nie net rugby speel nie, maar sing ook! Dozi het toneel gespeel en Steve het die gehoor behoorlik laat skater met sy geheime “werksonderhoud”.
Soos altyd vermaak Jou Show alle ouderdomsgroepe – en ons het die spektrum van vermaak in Suid-Afrika gedek: Die Heuwels Fantasties, aKing, DJ Naaldekoker, Lieb Bester, Die Gugulethu Tenors, Elsabé Daneel… noem maar op, hulle was daar. En natuurlik het elke episode ook ’n buite-die-boks-element gehad met vertonings soos Mr Cat and the Jackal, ’n groep Riel-dansers en Flamenco!
So skakel in en geniet elke skreeusnaakse oomblik van hierdie opwindende nuwe seisoen van Jou Show met Emo en Wicus!
Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan joushow@kyknet.co.za of kontak (021) 422 3452.






