Koowee



Opwindende nuus – vanaf 9 April 2013 kry Koowee nuwe speelgronde. Die Koowee kanaal migreer na nie een nie, nie twee nie, maar drie nuwe speelgronde.

Vanaf 9 April 2013 kan jy Koowee programme geniet in Afrikaans vanaf Maandag tot Vrydag op kykNET van 7:35 tot 8:30 en weer van 17:00 tot 17:30; op kykNET & Kie van 7:30 tot 9:30 en weer van 17:00 tot 18:00 en in Zulu en Tswana op MagicWorld van 16:00 tot 18:00!

So, moet ons asseblief nie op kanaal 307 kom soek nie; ons is dan in genoemde tydgleuwe op kanaal 144 en kanaal 145 beskikbaar. Ons sien baie uit daarna om op hierdie nuwe speelgronde saam met al ons Koowee maatjies te bly kuier.