Kaapse klopse in Kiwiland!



Ons op ons reis deur Nieu-Seeland het ons gekuier in die vulkaniese landskap van Wakarewarewa waar gewone mense met gewone lewens woon en werk. Toe is ons na die suide van die Suid Eiland, na die pragtige stad van Dunedin. Ons het aangedoen by Larnach Castle,  NS se enigste kasteel by een van Ns se voorste bierbrouers. In dié episode leer Christo troep loop saam Kiwi Klopse in die hartjie van Nieu Seeland.

In Auckland se Takapuna Beach is ‘n besige War Memorial Saal wat dikwels gebruik word vir multi-kulturele samekomste van mense van uiteenlopende kulture. Met die Rugbywereldbeker wat eersdaags hier afskop, praat almal rygby. En vandag is Takapuna gevul met ghoema-klanke van die Auckland City Dukes, die leier is Ruthwaan Waggie.

Ruthwaan Wagie is die leier van die Auckland City Dukes. Hulle is ywerig aan die oefen om Suid Afrikaanse spanne te ondersteun as hulle in NS kom rugby speel.

Daar is Suid-Afrikaners van alle rasse, kiwis en kiwi sjinese wat ewe gemaklik is met -wat vir hier is- erg vreemde klanke. Die troep doen moeite om uniek te bly maar ook deel van die groter Nieu-Seelandse kultuur te wees.

Waggie hou skool by die heel grootste Maori skool in Nieu Seeland. Die onderrig is als in Maori, ‘n baie ou taal met net 16 letters.

Waggie is die liggaamsopvoedingonderwyser en doen baie moeite om ook plaaslike talent in die afrigting van die leerders in te bring.

Daar is ‘n herlewing in Mauri-kulturele bewystheid en die skool groei teen ‘n gesonde tempo.  Hulle is ook die nasionale Haka-kampioene, wat afgerig word deur Nieu-Seeland se kampioen haka-afrigter

Deur ander kultuure te respekteer, gee hulle jou nie net insig in ander mense nie, glo Waggie. Dit gee hulle ook die geleentheid om jou kultuur beter te verstaan. Hulle is besig met ‘n toneelstuk oor die geskiedenis van die Kaapse Klopse en hulle word baie goed ontvang deur alle kulture.

Waggie en sy vrou Lamees, koop Saterdae hul vars produkte van die week op die Otaramark van die kosmopolitiese buurt in Auckland. ‘n Buurt wat hulle nogal aan die huis herinner, vertel hy.

Die aand van ‘n Western Stormers wedstryd teen die Waikato Chiefs, is ons by as die hele troep en hulle gades in Tapapuna bymekaarkom vir die uitstappie na Hamilton, tuisveld van die Waikato Chiefs.

Die veelkleurige kostuums kom al die pad van Bonteheuwel in die Kaap af  - Van die Cape Town Hawkers klopse groep.Gesteweld  en gespoor is die troep reg vir aksie. Dan is die bus daar en die manne en vrou klim  om die wedstryd tussen die Stormers en die Chiefs op te vrolik met Kaapse leidjies en Ghoemaklanke

Daar aangekom is al die toeskouers nie seker om wat van die vreemde deuntjie te maak nie…

Hamilton is beeswêreld en die Waikato Chiefs se antwoord op die Vuvuzela is beesklokke – nou nie juis opgewasse teen die ghoemaklanke nie. TV-kameras word nie in die staduim toegelaat nie - net fotokamera’s wat getuig dat niks met die gees geskort het nie – maar met die telbord wel!