Rian



Die spitsvondige Rian van Heerden is terug op kykNET! In die nuwe Rian reeks gaan Rian weer met bekendes en minder bekendes gesels om uit te vind wat laat hulle doen wat hul doen en sê wat hul sê.

Rian gaan ook satiriese kommentaar lewer op sake van die dag of die goed wat hom, en dalk vir jou ook, dwars in die krop steek. Wees gewaarsku, iewers gaan hy sekerlik op iemand se tone trap.

Donderdae @ 21:30; Vrydae @ 16:00; Saterdae @ 08:30 en Sondae 14:00.


Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan rian@kyknet.co.za