Nico Nel Kook en Vertel



Die komediant en geselsprogram-aanbieder, Nico Nel, gaan op reis deur die land op soek na ons beste plaaslike kosprodukte. So leer ken hy ons eie 'koskarakters' wat uitstaande produkte kweek of maak.  Saam deel hulle ‘n kosstorie of twee. Op pad terug na sy eie kombuis in Ceres ry Nico soms aan by ‘n paar bekende kokke om wenke te kry en om oor kookgereedskap en kos te gesels.  Tuis in sy kombuis deel hy sy resepte met ons en kook hy met die buitengewone produkte wat hy bymekaar gemaak het.

Die naspeurbaarheid van kosprodukte ('tracibility') raak al hoe meer belangrik vir Suid-Afrikaanse voedselverbruikers.  Ons volg gesels-gesels saam met Nico  die produkte van die plase van waar dit kom tot by die eindproduk.

Die reeks is verby.

Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan kook@waterfronttelevision.co.za.