Tuine en Tossels is jou tuin en huis mooimaak program wat weekliks hand bysit om jou bestaande tuin en woning in a japtrap in jou droom plek te verander.So met 'n bietjie tuin raad en 'n tikkie dekor-advies het jy, siedaar...vir Tuine & Tossels!
Ons reis weekliks saam met die span regoor die land en gaan kyk hoe jy ook sommer self jou tuin en huis kan mooi maak. En net as jy dink ons idees raak op, dan vat ons die pad selfs oorsee vir so tikkie internationale inspirasie!
Kenners het dit eens dat die grense tussen die binne- en die buitekant van die huis heelwat minder rigied word, tot so 'n mate dat tuinmakers van buitekamers en binnehuisversierders oor tuindekor begin saampraat. Dié neiging het gelei tot die skep van Tuine en Tossels!
Ons gee inligting oor produkte wat ons oog vang, goeie raad, advies en idees vir in en om jou huis, nuwe plante en asemrowende huis-mooimaak-tegnieke.
Insetsels handel oor mooi plekke, soos boetiekhotelle en huise en in sommige gevalle is dié plekke se tuine net so skouspelagtig as die interieur! Tuine & Tossels is dus 'n kombinasie van mooi dinge, praktiese doen-dit-jouself, in-diepte inligting oor sekere take (soos verf, plante snoei, blindings en heinings) en natuurlik wenke van kenners op elke moontlike gebied.
So indien jy met jou hande in jou hare sit, oor jou binne en buitekant van jou woning, is Tuine en Tossels BESLIS die program vir jou! Want met 'n verfkwas in die een hand en n tuinhandskoen in die ander gaan ons sommer vinnig-vinnig al jou huis en tuin nagmerries wegjaag!
Woensdae @ 17:30; Donderdae @ 10:30; Vrydae @ 21:30; Saterdae @ 16:00; Sondae @ 14:00; Dinsdae @ 16:30.
Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan Tuine&Tossels@kyknet.co.za of Laura@BurningBright.co.za. Skakel ook 083 653 4114 of faks: 011 803 3158.






