Ons weet hulle kan sing, toneelspel en ons oor die vermaak, maar hoe is hul kookvernuf? Dít is die vraag wat Tammy-Anne Fortuin elke week probeer beantwoord wanneer sy op kykNET se eie kookprogram, Roer! saam met SA se bekendste en gewildste vermaaklikheidpersone die kombuis oorneem.Elke episode van Roer! is ’n ervaring op sy eie, want die kyker weet nooit watter geregte Tammy-Anne en haar gas gaan voorberei nie. Maar dis veral die pret wat hulle tussendeur die kokery het wat die program so vermaaklik maak!
Wees verseker, wie ookal Tammy-Anne se gas is en wat ookal op die spyskaart is, jy wil nie ’n episode van Roer! misloop nie. Kom lag, sing, proe en speel saam - en word in die proses self ’n bobaas-sjef!
Sondae @ 18:00; Maandae @ 14:30; Dinsdae @ 10:00.






