Kwêla het oor die jare ‘n huishoudelike naam geword. Dié bekroonde joernaalprogram se eerste uitsending was op 17 November 1999, en met die uitsondering van herhalings wat in die eerste paar jaar se vakansie-seisoene uitgesaai is, het die span sedertdien elke Woensdagaand gesorg vir ‘n uur vol wetenswaardighede, inspirasie en humor.Kwêla vertel mense se stories... of hulle nou bekend is of nie, solank hulle storie ander mense op ‘n positiewe wyse sal aanraak. Kwêla aanbiedersikone, rolmodelle en sterre uit die vermaaklikheids-, kultuur- en sportwêreld ken hulle sit op die Kwêla-bank, en Pieter, Rozanne, Lise en Mandi kuier ook ewe gemaklik by hulle in hulle eie huise.
Baie mense verwys na Kwêla as “Coenie se program”... en ook geen wonder nie, want hy staan al tien jaar lank sy plek vol as gasheer daarvan. Oor die jare het veldaanbieders gekom en gegaan, en mense soos Shemane Harris, Maurice Carpede, Therese Benade, Lindie Stander en Eloise Cupido het saam met die produksiespan die land platgery agter stories aan.
Van Musina tot Kaap Agulhas, en van Alexanderbaai tot Port St John’s en Kosibaai.. Kwêla was al daar, en gaan weer soontoe om die merkwaardige mense van ons land se stories aan kykNETters te vertel.
Woensdae @ 19:30; Donderdae @ 14:30; Vrydae @ 10:00; Saterdae @ 18:00; Sondae @ 13:00; Maandae 08:30
Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan kwela@pcp.co.za of kontak (011) 789 6780.






