Groen Reis



In die nuwe reeks van Groen, met die nuwe naam Groen Reis, reis ons ver buite ons landgrense. Dave besoek Uganda waar hy kyk na 'n plaaslike mark en die mense daar se noue samelewing met die natuur. Hy vaar ook op die Wit Nyl en ontdek die oorvloed dierelewe and dié, die langste rivier in die wêreld se oewers. Dave verken ook die Kibale woud op soek na sjimpansees en bellef besondere oomblikke met hulle. Wat vir Dave 'n persoonlike hoogtepunt is, is sy soek na Berg-gorillas in die Bwindi Ondeurdringbare Woud.

Ysland is een van die mees onaageraakte lande in die wêreld. In 'n paar episodes ontdek Dave die eiland met landskappe wat wissel van getsers na vulkane na lawa-vlaktes bedek met mos - landskappe wat jou asem wegslaan.

In die laaste vier episodes besoek Marius vier Natuurreservate in Swaziland en gesels ook met Ted Reilly, 'n pionier in bewaring in Suider Afrika.

Begin Woensdag 9 April 2014 om 20:30.

Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan groen@kyknet.co.za.