Lindie Strydom



Van skooldae af reeds het Lindie geweet sy gaan eendag in televisie werk.  Na matriek vertolk sy vir meer as 12 jaar ‘n rol in Egoli.  Intussen studeer sy aan Demalin Kollege kurssusse in Bemarkingsbestuur en Menslike Hulpbronnebestuur assok Radio Kommunikasie aan die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria.  In April 2010 word sy opgelei as heel-brein praktisyn deur Kreatiwiteitskenner, Kobus Neethling.

Sy is getroud en mamma van 3 woelwaters.  Sy geniet dit om passievol die Koninkryk van God te verkondig as “Goeie Nuus!” – want dit IS goeie nuus!  Behalwe dat sy aanbieder is van “Geloof, Hoop & Liefde”, is sy ook Projek Organiseerder by Helpende Hand.  Sy is al vir meer as 10 jaar ‘n gereelde Christelike motiverings spreker en in 2012 wen sy Finesse Tydskrif se “Inspirasie vrou van die jaar”.